KURSUS BESKRYWING
Akad+Xtra bied addisionele onderrig na skoolure aan wat aanvullend is tot die daaglikse akademiese program by skole. Hierdie klasse sal na afloop van skool in die middae of vroegaand plaasvind. In sekere vakke sal daar ook praktiese werk aangebied sodat leerders die toepassing van praktiese eksperimente kan belyn met die teoretiese beginsels. Die klasse vervang nie skoolonderrig nie maar is komplimentêr tot die formele onderrig maar meer individueel van aard.
MEER INLIGTING EN FOOIE
KLASSE AANGEBIED
Ekstra klasse in Intermediêre fase (Grade 4-6), Senior Fase (Grade 7 -9) en FET (Grade 10-12) in die volgende vakke/leerareas:
Wiskunde & Wiskundige geletterdheid
Natuurwetenskap (NW)
Fisiese Wetenskap
Lewenswetenskappe
Ander vakke kan moontlik op aanvraag aangebied word. Ons het ook fasiliteerders vir Mandaryns en Rekenaarspeletjies. Klasse word in groepsverband of individueel aangebied afhangende van die skedule en behoefte. Ons is baie bewus dat elke leerder teen eie tempo leer en daarom sal groepe klein genoeg wees dat ons spesialis-fasilteerders genoeg aandag aan elke leerder sal gee. Koste is op navraag beskikbaar.
Eksamentegnieke en tydsbestuur
Alle leerders/studente sal sessies kan bywoon waar eksamenskryftegnieke, tydsbestuur en ander vaardighede deur spesialiste aangebied sal word.
Diagnostiese profiel toetsing
Alle leerders/studente sal ‘n intree-vlak diagnostiese assesseringsproses deurloop sodat ons die steun op die korrekte vlak van begrip en kennis begin. Die assessering is ‘n hulpmiddel om die aanvangsprofiel saam te stel.
Gebruik van tegnologie in leer
Die gebruik van tegnologie is toenemend relevant in die leeromgewing. Akadplus sal voortdurend oefeninge en tutoriale aan leerders / studente elektronies vrystel. Daar sal van slimfone of tablette gebruik gemaak word en WiFi sal beskikbaar wees om die nodige oefeninge te bekom.
Eksamenafronding
Die leerders/studente sal kan inskryf vir die eksamen ”boot-camp” wat aangebied sal word om leerder /student voorteberei vir eksamens. Daar sal sessies aangebied oor die hele kurrikulum asook oefenvraestelle geskryf word sodat leerders/studente voorbereid die eksamens sal benader.
COURSE DESCRIPTION
Akad+Xtra offers additional tuition after school in addition to the daily academic program at schools. These classes will take place after school in the afternoon or early evening. In some subjects there will be practical work that will assist learners to apply practical experiments to the theoretical principles. The classes do not substitute the formal tuition at school but will complement the school with more individual approach.
MORE INFO AND FEES
CLASSES OFFERED
Extra classes in Intermediate Phase (Grades 4-6), Senior Phase (Grades 7 -9) and FET (grades 10-12) in the following subjects / learning areas:
Mathematics and Mathematical Literacy
Natural Sciences (NS)
Physical Science
Life Sciences
Other subjects could be offered on request. We also have facilitators that can teach Computer Gaming and Mandarin. Classes can be offered in groups or individually depending on the schedule and needs. We are very aware that every learner learns at their own pace and therefore groups will be small enough that the specialist-facilitators can provide enough attention to each student. Costs are available on request.
Examination techniques & time management
All learners / students will be able to attend sessions focused on examination writing techniques, time management and other learning skills to be presented by specialist facilitators.
Diagnostic profiling
All pupils / students will complete an entry-level diagnostic assessment process in order for staff to pitch the support on the appropriate level of knowledge and skills. This diagnostic assessment is a tool to compile the entry-level profile of learners / students. The aid will be tailored according to specific needs.
Use of technology in learning
The use of technology is increasingly relevant to the learning environment. Akadplus will continuously provide exercises and tutorials electronically to learners / students. Smartphones or tablets will be utilised to download these exercises. Wi-Fi will be made available on the premises.
Exam preparation
The learners / students will be able to enroll exam “boot camp” that will be offered to learners / students in preparation for exams. These sessions will cover the whole curriculum and make use of practice exam papers to prepare learners / students with the approach exams.
Course Features
- Lectures 0
- Quizzes 0
- Duration Lifetime access
- Skill level All levels
- Language Afrikaans | English
- Students 1
- Assessments Yes